Skip to main content

Gedig vir jou

Soos vars blomme in die moredou
Is jou skoonheid. Ja my liefste vrou,
Soos Karooblom na die eerste reen
Groei my liefd’ vir jou alleen.

My lew’ het jy gevul met waarde,
My voete stewig op die aarde
My hart oorvol met liefde rein
My hart joune en jou myn’.

Bin’kort begin ons toekoms saam
Ons toekoms ‘plaas in God se Naam
Ons twee se lewens in Sy hand
Inons verbroke liefdesband…

Jys wonderlik, kosbaar. Ja my lief
Jy is my liefste hartedief,
My gou flussies weg gesteel
Om dit met jou alleen te deel.

My geluk en vreude ken geen perk
My eerste liefde wat reg werk
Wat nie beskryf kan word in woord
Met daad en voel gaan ek dan voort

My hart en lewe’t jy getoor
Met geluk en liefde my bekoor
Die sin in lewe weer gekry
Groot liefde tussen jou en my

Dankie my liefling omdat jy
Met hierdie vaalseun saam wil bly
My hart geneem en dit genees
Wie anders kan so lieflik wees?

Binnekort is ons vir altyd saam
Ek net klere sonder faam
Maar met ‘n hart so groot, verbly
Want jy’s oneindig lief vir my
~ ~ ~ ~ ~
Posted: Sep 2012

Poems entered on these pages are copyrighted by the authors who entered them. They cannot be reproduced without the author's written consent. © Copyright 2001-2021. All rights reserved.

Post Comment

Comments (4)

Happygolucky4uonline today!
Die gedig is pragtig.Is jy in staat om in Engels te skryf?Ek weet baie graag om jou woorde te lees.Verskoon asb die swak gebruik van jou taal.Ek is nie vertroud met dit.Hoop jou week is geseënd
wave
johank064
Happygolucky4u, I am impressed by your ability to read Afrikaans. Havent really tried to write in English.
Happygolucky4uonline today!
Jy weet Engels en 'n goeie wow

Your english is good better than my africaans. I used a translator uh oh



giggle

uncertain

You can still be impressed I did have to think to use a translator

batting
johank064
Well English is my second language. Glad you used the translator
Post Comment - Let others know what you think about this Poem
Report Abuse for this page, if inappropiate

More Poems by johank064

Stats for this Poem

by johank064 (3 Poems)
on Sep 2012
3,948 Views
in Love
Last Viewed: Jul 13
Last Commented: Oct 2012

Feeling Creative?

We use cookies to ensure that you have the best experience possible on our website. Read Our Privacy Policy Here