Vir my enigste lief

Will’ Shakespeare het die liefde in digkuns beskryf
In hogere Engels en baie styf,
Die storie van Romeo en Juliet,
Ongehoord’ liefde het die vyand verplet’.

Don Williams en ander het dieselfde probeer,
So speel liefdesliedjies die heel dag deur
Wat vertel van groot liefdes en beloftes so mooi
En ‘n oulike kerel en ‘n liefelike nooi.

Romanse van skrywers die wil jou laat glo
Van liefde onwerklik-ja soms is dit so-
Uit niks nie gebore en soms wil dit lyk
Dat liefde beskrywe tot die strerre kan reik…

Kupido tref my met ‘n vol arsenaal
van gloeiende liefde, soos ‘n liefdesverhaal
wat nog nie geskryf is want die woordeskat
skiet heelwat tekort te beskryf hierdie hart.

My liefling, my engel, my dierbare ding
Geen iets kan beskrywe hoe hierdie hart sin
Van vreugde en blydskap maak jy dit vol.
Die lewe is lekker, my hart is op hol.

Liedjieskrywers en digters het nog nie gehoor
Hoe jy, my liefling, my hart bekoor
Muisneste teel aan van oor tot oor
-trek soms my klere aan agterstevoor.

Shakespeare en Williams, ja die hele lot
Se beskrywing van liefde is maar bra vrot
In vergelyking met die liefde wat ek vir jou voel,
My liefling, is die beskrywendste woorde te koel.

Jy’s my Kilimanjaro, my Mount Everest,
Kan nie my liefde beskryf nie, probeer my best’
Dis hoe jy my laat voel en wat jy aan my doen.
Geen woord kan vertel, ons probeer maar ‘n soen?

My enigste liefling, hier belowe ek jou
Aan jou alleen bly ek vir ewig getrou
Vir ewig en altyd staan ek aan jou sy
Gelukkig tesame, net ek en jy…
~ ~ ~ ~ ~
Posted: Sep 2012

Poems entered on these pages are copyrighted by the authors who entered them. They cannot be reproduced without the author's written consent. © Copyright 2001-2024. All rights reserved.

No Comments Yet

No Comments Yet. Be the first to Comment on this Poem!

Post a comment now »
Report Abuse for this page, if inappropiate

More Poems by johank064

Stats for this Poem

by johank064 (3 Poems)
on Sep 2012
4,051 Views
0 Comments
in Love
Last Viewed: May 2

Feeling Creative?

We use cookies to ensure that you have the best experience possible on our website. Read Our Privacy Policy Here